|
Aangaande ons span:
Alfred Mahlasela bestuur die plaas in alle aspekte. Hy
toon vaardigheid in alles wat hy doen. In 2004 is hy na
die Royal Skou toe
en het hy eiehandig die Interras Goue Beker huistoe gebring.
In 2010 en hy ongelooflik presteer deur die Interras Goue
Beker gewen op beide die Gobabis en Pretoria Skoue.
Oupa Nhlapo
en sy span sien om na die kudde wanneer ons weg is en hy doen
baie goeie werk wat betref die dip van die beeste, inspuitings
en om siek diere op te merk.
Mnr. Chris Marais is vir baie jare al 'n konsultant by Devlan
en het ‘n reuse impak op ons kudde gehad. Sy
aandag aan die fynere punte, sy praktiese ervaring, die
opleiding van ons personeel en sy goeie oog vir die regte tipe
dier het ons gebring waar ons vandag is.
Sabine Botha, ‘n knap gegradeerde van Tukkies doen wonderlike
werk met die opdatering van ons rekenaar-rekords,
administrasie en ons webtuiste
Dr. Louis van Jaarsveld is ons gesondheidsadviseur en sien al
sedert 1989 om na ons kudde. |