|
■
Teeldoelwitte
|
Ons
Visie
Ons streef daarna om
die perfekte karkas ras met die beste vleis opbrengs (slag
persentasie en vleis-been verhouding) en sagte beesvleis, met
passie te teel in terme van ons "Missie" vir die volgende
markte:
deur die gebruik
van die hoogste kwaliteits-beheer standaarde en die beste
bestuurs tegnieke:
op 'n winsgewende
basis wat waarde sal toevoeg vir ons kliënte, werknemers &
eienaars.
|
|
Ons Missie (Korttermyn)
Ons streef daarna om
'n goed aangepaste, funksioneel doeltreffende Limousins te teel,
met 'n matige
raamwerk en goeie bouvorm, bespiering, haarbedekking en temperament.
Ons plaas ons veld diere onder druk met hoë intensiewe,
nie-selektiewe weiding sisteme met elektriese omheining en
hulle moet presteer en vrugbaar wees in hierdie harde
omstandighede.
Koeie moet vroulik
en vrugbaar wees met uitstekende melk en uiers wat maklik kan
kalf.
Bulle moet manlik
wees met breë spiere oor die kambeen en lengte van die rug.
Agterkwart moet breed, lank, vol en vlesig wees. 'n
Groot paar eenvormige teelballe en
fyn skedevel moet sigbaar wees.
Bykomend moet ons
ons mark goed ken en verstaan en nousaamwerk met die kommersiële boere,
na hulle te luiser, hulle op te lei en 'n goeie naverkope diens te lewer.
Met 'n telefoon oproep of 'n besoek sal ons ons produk
waarborg.
Met betrekking tot
bemarking, ons webblad moet gereeld opgedateer word ons DVD
moet na soveel kommersiële telers en ander rol spelers as
moontlik versprei word.
Ten slotte is ons
betrokke in 'n mentor program en BEE initiatief om opkomende
boere in Suid Afrika te help.
|