Meer Oor Ons  Hoekom Limousin?  Teeldoelwitte  Genetiese Tendens   Skakels
 

 

 Foto Album   Kampioene  Devlan Veilings  Kalendar  Kontak Ons

Click here for the
English Version

 

DK03-43  -  'n "Herculean" Sukses Storie

Ongetwyfeld een van die beste bulle huidiglik in die land, Devlan Stavely Hercules DK03-43 is 'n ware Limousin sukses storie.

Reg deur sy junior & senior loopbaan het sy prestasies opgehoop en vandag breek hy nogsteeds rekords.

Sy skousukses deur die jare by Devlan sluit in:

                      Reserwe Goue Beker Interras wenner by die 2009 Pretoria Skou.
                   
  Hy't die 3 diere geteel wat die “Sire Group of Three Award” by die 2009 Pretoria Skou gewen het.
                   
  Reserwe Nasionale Senior Kampioen Bul by die 2007 Nasionale Skou in Vryburg.
                   
  Reserwe Goue Beker Wenner by die 2006 Vryburg Skou.
                   
  Raskampioen Bul by vele skoue.

Ook buite die skou ring presteer hy geweldig goed deur kalwers van uitstaande kwaliteit te vaar.  Hierdie telingsukses het gelei tot ongehoorde semen verkope van oor R300 000 tot op datum.

Devlan Staveley Hercules het verder verbaas deur die Nasionale Limousin Rekord Veilingsprys van R160 000 te ontvang toe hy verkoop is aan Johann Faber van Okahandja, Namibia.  Daar het hy voortgegaan en is as Interras Bul aangewys by die 2010 Windhoek skou.  Die Fabers het tot dusver semen verkoop tot die waarde van R120 000, teen R300 per stooitjie.

Sy seun, Devlan Hercules DK07-92, vertoon baie van sy Vaar se potensiaal.  Hierdie Goue Meriete Toekenning Bul verteenwoordig die Limousin ras by die LRN Fase C klas in Pretoria (2009).  Hy is verkoop aan die Lotterings in Gobabis, Namibia vir 'n ongelooflike R140 000.  DK07-92 se nageslag lyk net so belowend.

Ons is seker hierdie sukses sal voortduur by sy nuwe tuiste en sien uit om meer opwindende verhale van al sy toekomstige prestasies te hoor.

 

© 2006 - 2011 Devlan Limousins  |  Webblad Terme & Voorwaardes  |  Webblad ontwerp & onderhou deur 123 Internet